User
Write something
Pinned
Welcome to Skool Community (Afrikaans)
Hierdie is 'n Afrikaanse gemeenskap vir Afrikaners. Regoor die wêreld. Maak dit lekker. Wees lekker Hier deel ons bietjie wat ons dink, doen, voel en wil doen met vrymoedigheid. Onthou reel nommer 1. Rule #1 WEES NET LEKKER Rule #2 Don't be a 📦 Rule #3 herhaal reel 1 en 2 As jy wil praat oor jag, musiek, brandewyn en braai is jy welkom. Neem net kennis - jy mag dalk verwyder raak as jy TE lekker raak (if you know what I mean). Soos julle kan sien is Engels nie verbode op die groep nie, solank dit nie konstant gebruik word nie. WAT OM HEEL EERSTE TE DOEN: 1) STEL JOUSELF BEKEND OP DIE GROEP ASB (dis net mooi maniere) 2) Sê bietjie waar jy vandaan kom 3) Sê bietjie wat is jou gunsteling Afrikaanse woord 4) Sê bietjie wat is jou gunsteling Afrikaanse herhinnering (is die woord reg gespel? O gits) 5) Moet asb nie baklei nie maar as jy dit sou waag - wie is jou gunsteling Afrikaanse sanger 🙂 Op julle merke Gereed 🔫☄️
Welcome to Skool Community (Afrikaans)
Totsiens… 👋
Hierdie is nie ‘n maklike besluit nie en ek huiwer nog daaroor. Ek is net so bang dat ek so spyt gaan wees oor hierdie besluit… skuus die video is in Engels, maar ek gaan dit oral moet plaas (en net hierdie groep is Afrikaans). Ek dink nog om my ander groepe net meer te monitiseer dat dit die “moeite werd” is. Hierdie gemeenskap het ek ook geniet - om my eie taal te kan praat. Ek het vir @Henriëtte Joubert ontmoet wat my weer vertel het van ‘n Uitstekende gemeenskap genaamd Tech Confident. Die eienaar van daardie gemeenskap het my laat besef dat ek my gemeenskappe afskeep en om 3 groepe op Skool te hê, ‘n voltydse werk en nog klomp ander belangrike verantwoordelikhede het net nie meer doenbaar begin lyk nie. Ek hou nog so tydjie vas dalk aan my ander gemeenskappe en weet vir eie bes wil moet ek seker met als toe maak en laat gaan, maar … en weet nie wat my mee gaan pla nie … die feit om my gemeenskappe te hou? Of die feit om hulle te laat gaan? Wat is julle opinie? Asb … 🙏🙏🙏
1
0
Totsiens… 👋
Baie Welkom!
Baie welkom @Virgel Nel - een van ons Kaapse entrepreneurs wat nog groot dinge hier op Skool gaan bereik! Ek sien vreeslik uit daarna om te kan waarneem wat jy nog gaan verrig in hierdie aanlyn wêreld! As mede Kapenaar sien ek uit om naby aan die einde van die jaar ‘n lekker IRL (in regte lewe) sessie en ontmoeting te kan hou met al ons Skool vriende 🤩🔥 Maak jouself tuis hierso 🥂
Baie Welkom!
Bietjie terugvoer vir eers en oulaas
Ek is lief vir my taal, en ek is lief vir my land. Daarom sal ek ongelooflik graag hierdie gemeenskap wil sien groei. 'n Gemeenskap waar ons met trots Afrikaans kan praat in 'n wêreld waar Engels die oorhand het. 'n Gemeenskap waar net óns regtig verstaan wat dit beteken om op 'n Saterdagmiddag hout aan die brand te steek voor 'n Bok-wedstryd. 'n Gemeenskap waar ons mekaar ondersteun, vir mekaar omgee en mekaar aanspreeklik hou om beter mense te word. Hierdie is my tweede gemeenskap, naas Skool of Success, en ek wil eerlik met julle wees. My volle fokus is tans daarop om Skool of Success op 'n stewige fondament te bou. Indien daardie gemeenskap teen September nog nie die rigting en momentum gekry het waarna ek mik nie, en hierdie Afrikaanse gemeenskap intussen ook nie begin groei het nie, sal ek ongelukkig die moeilike besluit moet oorweeg om hierdie groep te sluit. Dit is egter my laaste uitweg, en ek bid en glo dat dit nooit nodig sal wees nie. Ek glo opreg dat hierdie maand 'n keerpunt vir albei gemeenskappe gaan wees. Want wat het 'n gemeenskap nodig? Aktiwiteit. Sodra meer Afrikaners hier begin deelneem, hulle stories vertel, vrae vra en mekaar ondersteun, gaan hierdie 'n besonderse plek word. En ek weet dit begin by die leier. Ek wil dus eerste die voorbeeld stel. Ek sluit af met een van my gunsteling aanhalings: "Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo." 🇿🇦
1
0
🌿 Eerste Ontmoet & Groet – Dankie!
Gisteraand se eerste Ontmoet & Groet-sessie was uitstekend! Baie dankie vir die lekker gesprek, @Henriëtte Joubert . Ek het dit opreg geniet. Ek glo hierdie gemeenskap het groot potensiaal om oor tyd mooi te groei. Dit kan 'n wonderlike plek word waar Afrikaners op Skool mekaar leer ken, idees uitruil, mekaar ondersteun en sommer net lekker gesels. Al bly dit vir eers net 'n klein ondersteuningsgroep, of ontwikkel dit later in iets groter – ek dink ons is op 'n goeie pad. Een ding wat my tot dusver op Skool opgeval het, is dat die gemeenskappe wat die meeste uitstaan, dié is met uitstekende gemeenskapsbestuurders en gashere. Ek moet erken, ek het so 'n bietjie die bal laat val op daardie gebied en wil graag daarin verbeter. Dis egter nie altyd maklik om twee gemeenskappe alleen te bestuur, aktief in ander gemeenskappe te wees, voltyds te werk, tyd vir my gesin te maak en al die ander honderd dinge ook te probeer doen nie. Dit is juis waaroor Henriëtte en ek gisteraand gesels het. Ek is op soek na iemand wat saam met my as gemeenskapsbestuurder én gemeenskapsvennoot wil help bou. Indien ons sou besluit om die gemeenskap eendag te monetiseer, is my plan dat so 'n vennoot gelyk in die wins sal deel. As jy dink dit is iets waarvoor jy 'n passie het, stuur gerus vir my 'n boodskap. Ek hoor graag van jou. Vriendelike groete aan almal! 🇿🇦
1
0
🌿 Eerste Ontmoet & Groet – Dankie!
1-23 of 23
powered by
Skool Community (Afrikaans)
skool.com/skool-afrikaans-5688
Kom ons kyk of ons meer as 44 is 👀
Build your own community
Bring people together around your passion and get paid.
Powered by