Hi, ek wik en weeg met die boodskap. Wil nie my vuil wasgoed ophang vir die wereld om te sien nie. Soos gewoonlik over think ek als.
Het gebed nodig, praat al amper 3 weke nie met my pa nie, hy is kwaad vir my omdat ek hom aangevat het oor iets. Normaalweg praat ons 1 - 2 keer per week. Maar aan die anderkant, ek dink my pa het my altyd net gebel as hy my hulp kort, baie min oor hoe dit gaan, maar nooit hy mis ons nie. My pa is n baie harde mens. Ek wil hom nie net bel nie, ek is bang vir verwerping... so ja, gebed is al wat hier gaan help.