Hey legend! Vanaand om 20:30 is ek LIVE in The Restoration Chamber. Dis GRATIS, en almal is welkom. Ek gaan praat oor die vyf dinge wat jou terughou , selfs wanneer jy regtig wil verander. As jy al vir jouself gesê het: “Ek weet daar is meer in my, maar hoekom beland ek elke keer op dieselfde plek?” wil ek jou vanaand daar hê. Hoeveel tyd en geld spandeer jy aan jou Desembervakansie? En hoeveel belê jy in jou eie groei? Ons praat almal daarvan om die beste weergawe van onsself te word. Ons maak tyd om verblyf te soek, pryse te vergelyk en die vakansie tot op die laaste dag te beplan. Maar wanneer dit kom by die potensiaal wat God in ons geplant het, sê ons so maklik: “Ek sal in Januarie daaraan aandag gee.” Moenie vir Januarie wag nie. Begin vanaand. Ek glo dit kan een van die belangrikste regstreekse sessies wees wat jy vanjaar bywoon. Ons gaan kyk hoe om raak te sien wat jou vashou en watter eerste stap jy kan neem om weer vorentoe te beweeg. Jy kan loskom. Jy kan weer vorentoe beweeg. Stel nou jou alarm vir 20:30, stuur hierdie e-pos vir iemand wat saam met jou moet inskakel, en kom luister saam in The Restoration Chamber. Vanaand. 20:30. LIVE. Gratis vir almal. Moenie dit misloop nie! Baie liefde, Hykie Berg