Welkom by Kampvuur Musiek! 🎸🔥
Haai daar en baie welkom!
Ek is ongelooflik bly jy's hier.
Of jy nou nog nooit 'n kitaar opgetel het nie, of jy jare laas gespeel het en weer wil begin - jy's op die regte plek.
Wat is Kampvuur Kitaar?
Ons help jou om Afrikaanse en Engelse liedjies te speel wat jy liefhet - sonder ingewikkelde teorie, sonder frustrasie. Net jy, jou kitaar, en musiek wat betekenis het.
Hoe om te begin:
  1. Stel jouself voor in die comments hieronder - wie's jy en watter liedjie wil jy graag leer speel?
  2. Kyk na die gratis lesse in die "Classroom" afdeling
  3. Vra vrae, deel jou vordering, en moenie skaam wees nie - ons is almal hier om saam te leer
Een reël: Ons ondersteun mekaar. Geen vraag is te "dom" nie. Ons was almal beginners op 'n stadium.
Kom ons maak musiek! 🎶
— Aiden
5
10 comments
Aiden Vermeulen
2
Welkom by Kampvuur Musiek! 🎸🔥
powered by
Kampvuur Musiek
skool.com/nexogen-community-7718
Sluit gratis en verniet aan by die gemeenskap! Leer hoe om jou gunsteling liede te speel en sing in jou taal.