Hi julle wonderlike mense. Ek is seker nie meer so nuut nie maar het myself nog nooit voorgestel nie omdat ek nooit voel mense stel belang om my te ken nie. Vandag doen ek iets wat totaal buite my comforzone is. Ek is 'n 46 jarige enkel ma, maar my seun is darem al 25 jaar oud werk en bly op sy eie. Ek was in groot motorongeluk gewees in 2008 en het my rug baie seer gemaak. Weens dit is ek medies ongeskik verklaar om te werk. My ma was altyd daar gewees om my finansieel te help al het ek darem nog 'n inkomste dit was net nooit genoeg gewees nie. In 2021 is mamma oorlede aan covid en dit het my geruk want toe besef ek dat ek nou my grootmens skoene gaan moet aantrek en op my eie voete gaan moet begin staan. So dit is ekke julle. Jammer as dit bietjie te veel inligting is.