Cowboy candy
3 Koppies wit suiker
2 knoffeltoontjies fyn gemaak
1 Koppie wit asyn
2 Uie fyn gekap
2 Koppies chillies jou keuse (sonder pitte) fyn gekap
1 Groen peper fyn gekap
Knypie cayene peper
Knypie borrie
Kook alles saam in die boom pot vir 5-10 minute.
Plaas in gesteriliseerde bottels
PC (pressure canning) vir 10 minute by 80 KPA ..vir 250ml
Botteltjies. 500ml @80 KPA vir 15 minute.
Hierdie hoeveelheid maak 3 Heuning botteltjies.
Mens kan dit ook inmaak deur waterbad. Dit kan dan veilig wees vir n jaar. Plaas in yskas na oopmaak. *het die inligting op Google raak gesien* nie veilig vir ander metodes nie*
DIE VEILIGSTE METODE IS OM DIT ONDER HOË DRUK TE DOEN (PRESSURE CANNING)
(Die skrywer van die resep is Antionette Viljoen)