Die Terrarium - 'n oop ene!
Private
8 members
$7/month
Hi! Welkom by die Terrarium
Vandag is vir my 'n baie spesiale dag. Ek maak die deure van Terrarium oop — my klein digitale winkel.
Die idee vir my eie "winkel" het sy oorsprong gekry by my Duitse Ouma s'n in Noord Namibië. Haar huis en haar winkel was: 'n Wohngeschäftshaus - 'n gebou met gemengde residensiële en kommersiële gebruik. My Ouma se broer, wat 'n Bakkery gehad het in Outjo, met dieselfde huis-besigheid opset, het haar finansieël gehelp om haar huiswinkel moontlik te maak.
Baie jare later het iemand op 'n besondere manier ook vir my 'n helpende hand uitgesteek. Sy ondersteuning het vir my en my werkruimte 'n verskil gemaak. Daarom dra ek hierdie opening met erkenning aan hom op.
Die "rakke" is nog besig om vol te raak, maar die deure is oop.
🤓: SKOOL APP het 7 Onder-Afdelings: Community, Classroom, Calendar, Members, Map, Leader Boards, About
☝️: "Click" op Community, vir Terrarium se lysie: Sê-jou-sê; Stories; Musiek; Sondag-onder-die-Boom; Kursusse; Gratis Publikasies en Fotos
powered by
Die Terrarium - 'n oop ene!
skool.com/terrarium-2707
'n Online "plek" waar jy deur gesprekke en kreatiwiteit inspirasie ontdek.