Iets great het die naweek gebeur. Ek en my vrou het gepraat!
Nie net gechat oor hoe ons dag/week was nie, maar oor waar ons onsself bevind in ons huwelik en lewens.
Ek was eerlik oor my aandeel in ons probleme, het opreg verskoning gevra en verduidelik hoekom ek die Power of Purpose kursus doen. As ek nie aan myself werk en groei in my verhouding met God nie, hoe kan ek die leier in ons gesin wees wat hulle help en lei om n intieme verhouding met Hom te hê?
My vrou het oopgemaak oor haar gevoelens, dat sy moeg geworry is oor finansies, en dat sy voel God straf haar en sy beteken niks, want hoekom moet sy so suffer al vir jare? Dit het my geskok dat sy so voel, en ek kon niks op daardie stadium se om haar te laat beter voel nie. Sy gaan kerk toe om n voorbeeld vir ons kinders te wees, oor sy moet, glad nie oor sy wil op die oomblik nie. Sy voel heeltemel disconnected van die Here af.
Sy blameer my vir haar hart wat ek gebreek het 4/5 jaar terug deur met n ander vrou telefonies te gesels, ek het haar nie fisies verneuk nie, maar dit was oppad om in n verhouding te ontwikkel, en dit vir haar weggesteek het. Na dit vertrou sy my glad nie, en ek verstaan dit want ek het die vertroue gebreek.
Ons weet nou waarom elkeen voel soos hy/sy voel, en het besluit op klein treetjies in die regte rigting (Na God) om te verbeter.
Ons het gisteraand vir die eerste keer as gesin saam die Bybel gevat en n stukkie behandel. Ekt gedink Skrif waar God ons se/vra om Hom eerste te stel is gepas, en ons het elkeen gesê wat hy dink dit beteken, n paar vrae geantwoord oor hoe om te leef as ons God eerste stel, en saam gebid. Dit was aanvanklik bietjie ongemaklik, maar ek glo dat ons nie groeie in ons comfort zones nie, so ons sal aanhou met dit, elke aand, getrou.
Ek het n skop onder my sitvlak nodig gehad om te besef ek moet verbeter, voor my gesin kan groei. Ek gee dieselfde raad aan baie ander mense, maar volg dit nie self nie. Gister het dit gestop, en werk ek aan myself om n beter man, pappa, vriend, kollega, werker, Christen en mens te wees.
Beter beteken hier, leier vir my gesin in en deur Jesus!
Mag elkeen van julle n super geseënde dag en week beleef, Sy hand in alles sien, en net nader aan Hom beweeg!
Blessings!