DANKBAAR
Dankbaarheid - dankie Hykie dat jy bereid is om tenspyte van jou beproewing liggaamlik en geestelik nogsteeds getrou is aan God! Die dag toe jy die 40 dae aankondig en die tyd wat dit aangebied word, het ek gedink hoe op aarde gaan ek dit regkry om elke dag 5 uur op te staan - ek bedoel ek is darem al 66 en verdien om bietjie later te lê - of so het ek gedink, maar ongelukkig het Covid gemaak dat ek nogsteeds moet werk (my besigheid het dit nie oorleef en ek probeer nogsteeds om weer dit te probeer herstel) en seker nog vir jare sal moet aanhou werk - glad nie hoe ek my lewe op hierdie ouderdom gesien het nie, maar dit is lewe - dit voel ek stoei elke dag om net te oorleef en leef glad nie meer nie - sien nie wat mooi is nie, geniet nie dit wat vir ons gegee is nie, want ek het nie tyd - ek moet oorleef. Die eerste oggend was ek so moeg maar ek het opgestaan, nou is dit al vir my maklik om op te staan en ek sien uit na elke oggend 5 uur om 'n sterker verhouding met God te bou en vertroue te herskep en ook deur my beproewinge en sukses, vreugdes en teleurstellings ens te leer en moed te kry - ek is so dankbaar vir jul almal wat bereid is om dit te doen! En ek begin die lewe om my weer met nuwe oë te bekyk - ja dit is nie altyd maklik, want my omstandighede het nog nie verander nie, maar my uitkyk danksy jul almal se bydrae en God se genade is besig om te verander en die lewe begin vir my weer anders lyk - ek kan nie wag om te ervaar hoe my uitkyk na 40 gaan lyk nie! Mag God elkeen van julle seën!
6
0 comments
Magdél Brink
3
DANKBAAR
The Restoration Chamber
skool.com/restorationchamber
A place to dream again. We motivate, inspire and help you find renewed hope and direction to discover your purpose and build a life that truly matters
Leaderboard (30-day)
Powered by