🌻🧭 Welkom by HartKompas
HartKompas is ’n Christelike aanlyn gemeenskap en app vir mense wat rus, emosionele balans en nuwe rigting soek. Dis ’n sagte, veilige ruimte — sonder druk, oordeel of haas. ’n Plek waar slap hande weer sterk kan word en knieë wat knik weer vasstaan, met God as jou vaste rigtingwyser.
Wat jy hier sal kry:
🧭 Daaglikse kort video’s (2–4 min) met Bybelse waarheid en aanmoediging.
🧭 Maandelikse "live" sessies met kundige sprekers.
🧭 ’n Klaskamer met temas vir verskillende lewensfases, van mamma-wees (of nuwe ouers), onlangs afgetree, pas uit die skool, of deur ’n moeilike verandering — hier is leiding, perspektief en hoop.
🌻Kyk wanneer dit jou pas.
Jy mag rustig wees.
Jy mag stil wees.
Hier groei ons saam — een dag, een hartklop op ’n slag.