So, I think we need to do a 30-Day Momentum Challenge where we will focus on growing our Social Media Platforms - Followers and showing how to grow trust with the followers. If you want in vote on the poll below. There will be no community action steps because I will not have time to look at all the community steps, there will only be personal action steps and a step for your social media profile. This Challenge will only be in English and recorded videos. You just drop the link then I will look at it through the 30-Day Momentum Challenge.
Wow wow wow ek kan nie genoeg dankie se nie. Dank die Here vir hierdie amazing geleentheid en dankie @Hester Conradie vir AL jou hulp. Ek is nie n dag spyt dat jy oor my lewe gekom het nie, jou raad het my al so baie gehelp. Gister n $100 verkoop en ek is in ekstase!!! Die baan is gebreek!!!
Wat was my grootste deurbraak hierdie 21 dae My persoonlike groei, selfvertroue, glo in myself, minder panic moments. Ek voel soos n nuwe mens, ek is gefokus en ek het vrede in my hart dat my deurbraak vir my besigheid daar gaan wees op die regte tyd. Wat ek anders gaan doen van vandag af... ek gaan gefokus bly, nie meer moed opgee nie, opdaag al het ek zero views, teruggaan na die drawing board vir soveel keer dit nodig is, couchable bly 🌼
Waarop is ee trotsste van hierdie afgelope 21 dae? Ek is die trotsste daarop dat ek nie opgegee het nie. Ek het elke dag opgedaag, al was ek soms bang of onseker. Ek het aangehou, en dit maak my trots op myself. Wat het ek oor myself geleer wat ek nooit weer wil vergeet nie? Ek het geleer dat ek sterker is as wat ek gedink het. Ek hoef nie perfek te wees om te begin nie. Ek moet net aanhou, in myself glo en op God vertrou. Watter belofte maak ek vandag aan myself vir die volgende 90 dae? Ek belowe aan myself dat ek sal aanhou opdaag, aanhou leer en nie sal opgee wanneer dinge moeilik raak nie. Ek gaan aanhou groei, aan myself glo en elke dag een stap nader aan my doel beweeg