Gee asseblief jul eerlike inset en belangstelling in hierdie soort
projek.
Herlewe die praktiese onderving om deel te wees van ‘n nuwe permakultuur boerdery
entrepreneur ontwikkeling en opleidings sentrums waar ouers so wel as kinders kan leer hoe om met hul hande te werk en sodoende kennis te kan opbou vir die toekoms.
Die sentrums gaan in fases ontwikkel word sodat leerders in alles kan deelneem en
ondervinding op doen.
Hierdie projek gaan op Bybelse/Skriftuurlike beginsel geskied en gaan met die natuur saamwerk om sodoende die omgewing te beskerm en ook permakultuur organiese landbou metodes volg.
Hier is ‘n lys van goed wat in die fases in gewerk gaan word en nog sal daar bykom soos benodig gaan word.
Hier is ‘n kans vir ouers en leerders om die volgende werkswinkels by te woon.
Opleiding in hand en elektriese gereedskap, in die metaal en houtwerk sentrums, en die
organiese bewerking van grond en kompos maak, bome snoei, plante uit ken, kweek van
plante van saad af en ook van steggies af.
Prakties
1. Hier gaan geleer word om grond voor te berei vir aan planting van groente en vrugte bome.
2. Hoe en wanneer om bome te snoei vir groei en ook om groei te verminder.
3. Hoe om kompos te maak en wanneer om die grond te komposeer en deklaag op te sit.
4. Hoe om gereedskap te maak vir die doeleindes om grond te bewerk en ook gereedskap om ander gereedskap mee te kan maak.
5. Wanneer om watter plante te plant vir die beste resultate.
6. Wanneer om gras te sny om groei te vermeerder en te verminder.
7. Wanneer om bemesting toe te dien, en natmaak.
8. Wanneer om plante oor te plant.
9. Hoe om plaag beheer toe te pas.
10. Wanneer onkruid uit gehaal moet word.
11. Wanneer om te oes.
12. Wanneer om steggies te sny.
13. Hoe om groente en vrugte in te lê.
14. Hoe en met wat konfyt mee gemaak kan word.
15. Hoe om beskuit, brood en vetkoek te bak.
16. Hoe om vleis te bewerk: maalvleis, wors, biltong en droëwors te maak.
17. Hout en metaal werk. (meubels, tuin gereedskap, hand gereedskap, hekke, heinings), hoe om met gereedskap te werk.
18. Pottebakkery.
19. Bakstene maak.
20. Plaveisels te lȇ.
21. Met bakstene te bou.
22. Draad span en heinings installeer.
23. Besproeing te installeer.
24. Hoe om boerdery met klein vee te begin.
25. Hoe om te melk.
26. Fungus / Sampioene
Akademies
1. Bybel/Woord studie. Dissipelskap, bediening.
2. 'n Paar verskillende leerplanne gaan gevolg word van ouderdom 3 - 18 en ook ouer.
3. Rekenaar geletterdheid.
4. Rekenaar programmering.
5. Alles oor die kuberruimte.
6. Webtuiste ontwikkeling.
7. Persoonlike ontwikkeling.
8. Neoro - afrigting.
9. Doel gerigte eienskappe.